skaapland south africa

:: skaapland history
:: our branches
:: services
:: products

:: franchise opportunities

:: management
:: skaapland news
:: contact us
   
 
   
 

Skaapland het beste biltong in Kaap

Skaapland Tygervallei in Rosenpark het dit weer reggekry. Die manne hier weet hoe om met vleis te Werk en veral hoe om droëwors en biltong van gehalte te maak. Hierdie Skaapland is die afgelope week by die jaarlikse Wintervoedselfees in die V & A Waterfront aangewys as die slaghuis met die beste biltong in die Wes-Kaap. Dit is voorwaar ‘n prestasie as ‘n mens in ag neem dat daar 72 deelnemers van oor die Wes Kaap was. Sewe beoordeelaars, wat bestaan het uit bekendes in die kos- en vleisbedryf, is dit eens dit is hier in die hartjie van die Tygerberg waar ‘n mens jou biltong moet koop. Praat jy met mnr. Pieter Burger, eienaar van hierdie vleisemporium, oor hul nuutste prestasie, is dit duidelik dat gehalte en persoonlike diens die wagwoorde is. “ Elke stukkie biltong word soos ‘n baba gehanteer,” het Burger vertel. “Kruie word liggies gerooster en gesif waarna die biltong daarmee behandel word en dan oornag in os geheime bestanddele, wat asyn insluit, gelaat word. Die proses verseker dat die speserye egalig deur die vleis versprei en dat jy nie bilton dry wat aan die binnekant meer gegeur is as aan die buitekant nie,” het hy vertel. Daarna word die biltong op ‘n natuurlike manier gedroog, sonder enige verhitting. Skaapland Tygervallei is ook twee jaar gelede as die Suid-Afrikaanse braaikampioen aangewys en nou is die sirkel van boerewors na biltong voltooi. As jy by die emporium instap, voel jy die gemoedelike atmosfeer en jy kan jou verkyk aan al die vleis en ander lekkernye wat te koop is. Skaapland bied ook ‘n reeks Duitse delikatesses aan wat deur hul Duitse-vleismeester op die perseel gemaak word. Hier kry jy altyd iets anders, soos byvoorbeeld die dubbel-door (ontbeende hoender gevul met ontveende eend en wilde rys), koue flerrie (ontbeende hoender met ham en kaas), Griekse lamsboud, varknek met filet en ‘n wye reeks boerewors en sosaties wat al wyd bekendheid verwerf het. Kom besoek Skaapland te Pasitastraat 21, Rosenpark of bel 021 914 9740 en kom kyk waaroor die bohaai gaan.Mnr. Pieter Burger ontvang hier ‘n diploma van Peter Veldsman, eienaar van die restaurant Emily’s. Veldsman, ‘n beoordeelaar, is die stegter van die biltongkompetisie.Mnre. Pieter Burger en Rudolph Pollard van Skaapland Tygervallei vier hul oorwinning.

 
     
Copyright © 2004 Skaapland. All Rights Reserved ~ Designed and Hosted by: Upington-Online