skaapland south africa

:: skaapland history
:: our branches
:: services
:: products

:: franchise opportunities

:: management
:: skaapland news
:: contact us
   
 
   
 

Skaapland aangewys as Entrepreneur van die Maand

UPINGTON: Mnr. Henk Snyman en sy eggonote, Mariana, van die bekende Skaapland Slaghuis op die dorp is as maandwenners aangewys in Business Partners se Entrepreneur van die Jaar Kompetisie vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap.

Die Snymans se suksesverhaal het sowat tien jaar gelede begin toe hulle ‘n klein slaghuis op Upington met min kapitaal begin het. Met harde werk, deursettingsvermoë en goeie bemarking het die onderneming gevorder tot ‘n groot- en klein handelslaghuis met twee oktrooi-slaghuise in Tygervallei en Somerset-Wes. ‘n Verdere twee sal moontlik binnekort in Worcester en Pretoria gevestig word met die langtermyn visie om nog verdere oktrooiondernemings in Suid Afrika te vestig. Tans word Upington se slaghuis se vrieskapasiteit vergroot om die groothandel marksegment uit te brei. Die produksie van koue vleise word ook verhoog om veral die kleiner dorpe in die Noord-kaap te bedien. Skaapland Upington het waarskynlik die grootste en luukste slaghuisperseel in Suid-Afrika en is waarskynlik die enigste slaghuisonderneming wat besig is om oktrooiondernemings te vestig. Die huidige slaghuis is teen ‘n koste van etlike miljoene rand opgerig na ‘n beplanningstydperk van meer as twee jaar, waartydens verskeie oorsese vleisaanlegte en kundiges besoek is. Die klem val veral op higiëne verlengde raklewe en optimale tentoonstelling van produkte. Klante kan tot 100 skaapkarkasse in ‘n glaskoelkamer besigtig, dit laat opsny en verpak volgens persoonlike keuse by vier blokmanpunte. Verskeie verwerkte vleisprodukte word in spesiaal ontwerpte ooghoogte koelkaste uitgestal, terwyl ‘n wye verskeidenheid produkte, wat saam met vleis bedien kan word, op ‘n keurige wyse aangebied word. ‘n Afsonderlike biltongafdeling bestaan waar klante gedroogde vleisprodukte volgens hulle keuse kan laat meng en verpak. Die verwerkingsarea (kelderverdieping) spog met die modernste Duitse tegnologie en verkoelingstelsels, terwyl produksie plaasvind onder die toesig van ‘n Oostenrykse vleismeester. Die oktrooi-ondernemings beskik oor soortgelyke infrastruktuur en is onderworpe aan dieselfde streng kwaliteitsbeheer as die oktrooigewer te Upington. Skaapland bemark sy gehalte diens aggressief en beskik oor ‘n skakelbeampte wat alle klagtes en promosies hanteer, terwyl ‘n vloerbestuurder in die bedieningsarea aan diens is om klante te ontvang en hulle behulpsaam te wees. Mariana Snyman is mede-eienaar van die onderneming en is hoofsaaklik verantwoordelik vir die administrasie en finansiële bestuur, terwyl haar eggenoot, Henk, die aankope, verkope en produksie behartig. Entrepreneur van die Jaar Kompetisie is in 1988 begin as deel van ‘n program om entrepreneurskap in Suid-Afrika te bemark. Die kompetisie, nou in sy 15de jaar, het gedurende hierdie tydperk meer as 200 finaliste in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat aangewys. Mnr. Johan Cronjé, streeksbestuurder van saaklik verantwoordelik Business Partners, sê die kompetisie gee erkenning aan eienaarbestuurders wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die finansiële prestasie van hul ondernemings wat ten minste ouer as twee jaar is. Die algehele wenner sal vanuit die kwartaalwenners gekies word wat die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat verteenwoordig. Die algehele wenner sal in September bekend gemaak word.

 
   
Copyright © 2004 Skaapland. All Rights Reserved ~ Designed and Hosted by: Upington-Online